LEES EN AANVAAR
Betshan Bybelskool — Dekbrief vir aanlyn registrasie
Weergawe 2026-09-v1.0.5-r2
Welkom by die aanlyn studieportaal
Die portaal gee jou toegang tot jou studiemateriaal, dosentinstruksies, assesserings, sperdatums, uitslae en studierekening; sodra jou rekening en toepaslike inskrywings goedgekeur is.
Elektroniese studiemateriaal
Alle studiemateriaal word elektronies deur die portaal aangebied.
Jy benodig toegang tot die internet en ’n toestel waarmee jy die materiaal kan lees en werk kan indien. Lees elke vak se instruksies en volg die aangeduide sperdatums. Hou jou kontakbesonderhede op datum en meld toegang- of indieningsprobleme by die kantoor aan of via die portaal self.
Betshan Bybelskool
Die Betshan Bybelskool is vir elkeen wat geestelik wil groei en vir dienswerk toegerus wil word. Dit bestaan uit ses vakke oor twee jaar, met drie vakke per jaar.
Die Bybelskoolkursus dra nie by tot die huidige kursusse op die kweekskool nie en het geen eksterne akkreditasie nie.
Studiegelde vir die Bybelskool
Die volle Bybelskoolkursus vir 2026–2027 kos R4 000. Jy kan die bedrag eenmalig vooruit of in twee paaiemente aan die begin van elke jaar betaal. Jy kan ook via die portaal betaal.
Kontak die kantoor by 012 811 0484 indien jy ’n alternatiewe betalingskedule benodig.
Studiegeld is nie terugbetaalbaar indien jy die kursus nie voltooi nie.
Aanlyn aansoek en ondersteuning
Dien jou aansoek en toepaslike dokumente hier op die portaal in. Bevestig daarna jou e-posadres en wag vir rekeninggoedkeuring.
Ná goedkeuring kry jy toegang tot die toepaslike vakke sodra jou inskrywings afgehandel is.
Vir navrae kontak die kantoor:
- Telefoon: 012 811 0484
- E-pos: betshanbybelskool@gmail.com
Jou verklaring
Ek het hierdie dekbrief gelees en aanvaar die voorwaardes vir my gekose studietipe. Ek verstaan dat die materiaal elektronies beskikbaar gestel word.
Ek onderneem om die toepaslike studiegelde volgens die bevestigde betalingsreëling te betaal en om volledige en korrekte aansoekbesonderhede te verskaf.